׉?ׁB!בCט  {u׉׉	 7cassandra://M1BTaiDnX9ukg285Dt8uOyvJN4JLG_N5rA3601N_KU4 5_`׉	 7cassandra://bSCpXIn5FB-MImm0_JcebgE9Wjtk2gszE-JtTv2FagE͎`S׉	 7cassandra://HRZAxwxREnamIpm78cSbkeXyQVksOG4UtIt44SWvtZE+`̵ ׉	 7cassandra://rR05Eu3AV2Lq74FCT6gFa7PNHvm1zCidYrnSnPvCKDc L͠dr+`,ט   {u׈   bP  ׈Edr+`,׉E;WINTER 2023
Aalwyne...
deel van Kleinfontein
Ons is bevoorreg om ‘n wye verskeidenheid
aalwyne hier in Kleinfontein te hê.
In die veld om ons... én in ons tuine.
Aalwyne lok bye en suikerbekkies en hulle
helder die winterveld op met hul warm
kleur.
Soos Janita Claassen sing oor die Wilde
Aalwyn: “... hoe vlam jou trosse, trosse rooi
as die winterson sy lyn oor Namakwaland
gooi ... diep in Junie as jou bloeityd
verskyn”.
En Uys Krige skryf in sy gedig Plaashek:
“Bloedrooi die aalwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie...net
'n luggie wat
skrams aan die ritselende
grassate vat.”
Wanneer u deur Kleinfontein ry, kyk gerus
uit vir die verskeidenheid geel, oranje,
veelkleurig rooi en soms roomkleurige
aalwyne. Wanneer die aalwyne nie blom
nie sorg hulle vir groen vlesige blare tot die
volgende blomseisoen.
Mag die mooi van die aalwyne ook hierdie
seisoen warmte in u lewe bring!
Missie van Kleinfontein
Om die eiendom in sy besit in ’n leefruimte vir vryheidsliewende lede van die BoereAfrikanervolk
te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan,
waarvan hulle Christelike geloof, taal en kultuur, die belangrikste is, vrylik, onbedreig
en onverhinderd kan uitleef in ‘n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie
arbeid gevestig is.
1
׉	 7cassandra://HRZAxwxREnamIpm78cSbkeXyQVksOG4UtIt44SWvtZE+`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://ee-6neXrv1ponYAIFLaspU5ZXctALnvEtQ1la1T3bPA E'`׉	 7cassandra://bTe6Yj0_dNHyjCl388BoByiEaE5oYT35kTWu0EmI728͂`S׉	 7cassandra://5vYf62wweqCe6BPmVwQrHkfYY32RpEonfOboOg6LL2w&`̵ ׉	 7cassandra://_AzGWMjf4mirJdnDe1IpGHdwULGExKdcEu0lMABuygE {͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://LulMxNzRcIf7Bur74Gee5AEoga4HV8EZEVO1KsDLeUs 8` ׉	 7cassandra://HETfDyIEfYXHYkAYrzk3rSYeV8QkTO_g6D7mtvFniAIͫ` S׉	 7cassandra://OR2mf8XGUMRQppCGKXrHVSaz55MVKysYiwjlrTR-soI*r`̵ ׉	 7cassandra://_xFpafAu9LuXWCPkIW8wF_470wXEuMDmGH8_Jv5dCWI͠͠dr+`,נdr+`, <9ׁHmailto:kleinfonteiner@gmail.comׁׁЈ׉EWINTER 2023
Uit die redakteur
se pen
Álet Erasmus
Ten spyte van die winter, is
daar steeds kleur in Kleinfontein
en waar daar nie
kleur is nie, sorg ons vir
kleur!
Wanneer u deur Kleinfontein
stap of ry, is daar die
mooiste kleur aalwyne
(waarna ek ook verwys op
die voorblad van hierdie
uitgawe). Die son, is die
volgende kleur wat
ingespan word vir ‘n sonoond
van een van ons
inwoners. Daar was ook
weer ‘n krag besparingsdag
wat by die Padstal se
Plaasmark gereël was. Dit
so tussen al die kleurryke
stalletjies!
Carel Breytenbach sorg
weer vir ‘n geveerde vriend
in ons tuine, die kuifkop
houtkapper.
Op die redaksiespan verwelkom
ons vir Johan
Conradie wat met verloop
van tyd by my gaan
oorneem. Belangstellendes
kan gerus jul hulp aanbied
vir interessante bydraes wat
in volgende uitgawes geplaas
kan word. Stuur dit na
die vermelde e-pos adres.
Baie dankie soos altyd aan
elke adverteerder wat ons
kwartaalblad ondersteun
met u advertensie.
Geniet die winter uitgawe
van Nuus vir die Kleinfonteiner
terwyl u ‘n beker
warm sjokolade drink!
REDAKSIE
Eindredakteur
Álet Erasmus
Subredakteur
Johan Conradie
Advertensies & artikels
kleinfonteiner@gmail.com
Kleinfontein
Aandeleblok (Edms) Bpk
Kantoor
012 940 4354
Noodnommer
012 802 1140
2
׉	 7cassandra://5vYf62wweqCe6BPmVwQrHkfYY32RpEonfOboOg6LL2w&`̵ dr+`,׉E
WINTER 2023
Oordenking
Geankerde lewens
Ds Ben Smit
Lees: Heb. 6: 11-20 (19 en 20)
Die vaste hoop van die evangelie, sê ons
teks, is 'n anker van die siel. Dis 'n
wonderlike beeld. 'n Anker gee aan
enigiemand op 'n boot, die gevoel van
vastigheid en veiligheid. As die wind
opsteek en daar kom storms, is dit die
anker wat 'n skip of boot vashou, sodat dit
nie weerloos meegesleur word nie.
So het ons ook 'n anker – dit is ons hoop op
God. Storms en winde van verandering
waai ons nie weg nie. Ons is nie slagoffers
van omstandighede, of skipbreukelinge wat
op die nippertjie opgepik moet word uit die
water nie. Ons is nie drenkelinge nie, maar
ons hoop op God anker ons in elke storm.
Ons teks sê egter 'n vreemde ding oor
hierdie anker van ons. 'n Skeepskaptein
gooi die anker uit in die see of water en dit
verdwyn in die diepte, waar dit ongesiens
werk om ons vas te hou. Die anker van ons
hoop word egter nie in die see gegooi nie,
maar in die lug. En dan verdwyn dit ook
wanneer dit in die hemelse heiligdom
ingaan. Mens wil sê dis darem baie dwaas
om jou anker in die lug te gooi, maar dis wat
die kerk doen! Ons anker is in Jesus
Christus wat opvaar na die Vader. Hy het
met sy hemelvaart as ons Voorloper
daarheen gegaan en ons anker daar in die
heiligdom gaan vasmaak by God in Wie
alles vas en seker is. Ons sien dit nie, net
soos die skipper wat sy anker in die see
gegooi het dit nie sien nie. Maar ons weet
verseker: die anker van ons hoop is gewis
en seker vas by God.
En dan volg daar 'n tweede beeld:
3
Jesus het die heiligdom ingegaan as ons
Voorloper. Dat Hy ons Voorloper is sê: ons
kom ook agter Hom aan. Die beeld praat
dus van Hom as ons Leidsman of
Generaal. Ons Aanvoerder agter Wie aan
ons triomfantlik uittrek. So het Christus ook
opgevaar. Triomfantlik! En nie maar vir
Homself nie, maar vir ons, sy leër wat Hom
volg. Hy staan daar op die Olyfberg as Borg
van sy kerk en as Hy opvaar, sê Hy, Ek
verlaat julle nie. Wanneer Ek vir julle plek
berei het, sal julle My ook volg. Julle sal
wees waar Ek is! Sy hemelvaart waarborg
daarom die hemelvaart van die hele kerk.
Ons het in Hom die waarborg en belofte dat
Hy, die Hoof, ons as sy liggaam by Hom sal
neem.
Daarin is die vastigheid van ons hoop
geanker – in Christus.
Die 11 staan daar op die Olyfberg met 'n
wêreldwye roeping. Hulle moet die storms
in. Die vervolging en verdrukking wat wag.
Die golwe gaan slaan. Maar hulle anker is
vas. Ook al sien hulle dit nie. Hulle word nie
meegesleur nie. Hulle lei geen skipbreuk
nie. Hulle anker is vas in Christus.
Is jou lewe wel só geanker?
׉	 7cassandra://OR2mf8XGUMRQppCGKXrHVSaz55MVKysYiwjlrTR-soI*r`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://dkC40444JeZj8-937HJCdzTurBIyoXYv1dH8cGoQox4  `׉	 7cassandra://VWOUukYgTdjtNxrz9VOhGLSP_oyKO8S3Uc6b34Jo4BI͍`S׉	 7cassandra://j41-BvsDaiBsQUjXAlr8uxb2q9euhj-WIwQlxVYS2ns'N`̵ ׉	 7cassandra://5C6wvubdbRKzS7vnSif2xcMmrbvokFjdHS_MwYEpfcg m͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://Rz7oXnNzy9BjDFuvVP1bGANvAsv8D3N-1dyex_5pqCM ?`׉	 7cassandra://YND_3SHLqvOT3hnRV9Pu3FON2XJXnMaFCivtTBomxMEd`S׉	 7cassandra://GQJBY80AmahKJlCrLFziHxqff-sc670k2dyQpxft2Hk#`̵ ׉	 7cassandra://IVXUoh9km1pKXq9lukd2rrMdAP3H2MJRLu29tr0EhVA /8͠dr+`,׉EaWINTER 2023
Spanwerk... Kragtoer!
Betsie Steyn
Met die weghol vuur op Maandag 19 Junie
het die optrede van die personeel van die
Sorgsentrum getoon dat – danksy hul
vinnige optrede – ‘n krisis afgeweer is.
Suster Ria Prinsloo en haar span het
dadelik begin om die sentrum te ontruim en
almal is betyds uitgestoot. Die inwoners –
veral dié in die saal – was taamlik
getraumatiseerd, maar het wonderlik
saamgewerk.
Die personeel (Sr. Ria, René van die
Admin, die versorgers, skoonmakers en
kombuispersoneel) het die inwoners uit die
erge versmorende rook probeer kry. (Met
handdoeke oor hul neuse om die ergste
rook te keer). Van die Kleinfontein inwoners
het ook gehelp om rolstoele uit te stoot.
Sommige personeellede het self
deurgeloop onder die rook en benoud
geraak en nat handdoeke gegryp en neus
toegedruk! Almal wat kon (selfs
onbekendes), het hul gewig ingegooi en
ook gehelp: party het vuur geslaan, ander
het water aangedra.
Die inwoners het groot lof vir die personeel
se optrede, is baie dankbaar en soos een
man sê hulle: “Dankie, julle was wonderlik!”
Die foto’s vertel die hele verhaal...
4
Van die inwoners wat eerste na die oorkant van
die pad (uit die rook) gestoot is
“Sr Ria en haar span het hulle wonderlik
van hulle taak gekwyt om die inwoners
van die Sorgsentrum te ontruim toe die
rook ons uitgedryf het. Hulle het diegene
in die saal wat nie in 'n rolstoel kon sit nie,
met beddens uitgestoot en gou was almal
veilig. Suster, Johnnie en helpers, het
alles wat gesmeul het agter die Sorgsentrum,
natgegooi sodat die rook kon
ophou en die inwoners kon terugkeer om
te gaan eet. Alle eer aan ons Hemelse
Vader vir die veiligheid van almal!”
Bertha Olivier (Sorgsentrum inwoner)
“Aan al die personeel wat die 19de Junie
so saam gewerk het 'n groot dankie van
my kant af. Ook veral dat almal so kalm
gebly het. Julle is staatmakers.”
Sr. Ria
׉	 7cassandra://j41-BvsDaiBsQUjXAlr8uxb2q9euhj-WIwQlxVYS2ns'N`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
5
׉	 7cassandra://GQJBY80AmahKJlCrLFziHxqff-sc670k2dyQpxft2Hk#`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://rrWLmWpEL4xdOvmVli-p_RyV0PYSmDD_S1bUpIJoVxM L`׉	 7cassandra://2PkMahsCCa8ShincMb4FGR0fiuR3uKc_T-sDfzoCWDEh`S׉	 7cassandra://xbBcvSljxi4W6Dy1HY5AdTEFMBK16zkz8PXDWtNkjKU!k`̵ ׉	 7cassandra://zdFPw7IZ12DU_cC9-QGGA9Umq9SRqM5h2many0Zge-s V ͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://3GgzKnj5aekfDoi4sZ_Lw3hKcjbwJsgPlfNRqHpNYsw `׉	 7cassandra://iAWv-rWz7JkLTDZjvgDC3OF59npUpey8SZAIWxgsuiUr`S׉	 7cassandra://VyxpLyUWD_j-Rnizt3n1lytIVuQeWRw8oiGJflHfsHM#z`̵ ׉	 7cassandra://IO54AqNLbiX4SWVNabUthR_H690dLMaGUetQKQgXll8 ],͠dr+`,׉EWINTER 2023
Gebruik die son...
dis verniet!
Álet Erasmus
Hennie en Petro Aucamp is inwoners hier
in Kleinfontein. Soms wanneer ek by hul
huis verby ry, sien ek daar is ‘n sonoond
aan die kook en ek het toe besluit om nader
te gaan kennis maak!
Die helderkleurige oond het ook my oog
gevang omdat ek dit herken het aangesien
ek so drie of vier jaar gelede met Johan van
Wyk van Prieska kennis gemaak het, wat
hierdie spesifieke oonde maak.
Die sonoond het ‘n element wat gebruik
kan word vir dae wat die son nie so sigbaar
is nie, maar Hennie sê hy gebruik dit nie
eintlik nie. Hulle maak heerlik kos en bak
selfs beskuit (in ‘n bakplaat) en droog dit uit
in die sonoond.
Petro wys ook daarop, dat jy min tot amper
geen water gebruik vir geregte nie, siende
dat die vleis en groente grotendeels hul eie
geurige sous maak.
In vandag se tyd waar ons kyk na
oplossings vir beurtkrag, is hierdie sonoond
‘n aanwins.
Terwyl ons sit en gesels sê Hennie: “Dit is
weer tyd om beskuit te bak...!”
6
׉	 7cassandra://xbBcvSljxi4W6Dy1HY5AdTEFMBK16zkz8PXDWtNkjKU!k`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
7
׉	 7cassandra://VyxpLyUWD_j-Rnizt3n1lytIVuQeWRw8oiGJflHfsHM#z`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://bymGD9CC3l8huPDZFdGtMiq_W05ZlEPX9mwEXZH6_eg ^`׉	 7cassandra://TaaMyuMxCgv8ZXGtKHcVBfqm8tHJyU468M9Q3mBVuoIq`S׉	 7cassandra://vZyiuYjBu22v73_IV6svxo6eC3hu4H0gMjvInohBiGU#g`̵ ׉	 7cassandra://d-gBmnr7SJnOepVToNeqJ1jcwfnqNVY3H7W_pcqV_Q8 l͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://6Zpjyg2Ap3zP6jo8WBSePU-iHu_M6I6L3Ph0zBEoVKw e`׉	 7cassandra://ltaUEjnqgXIZ8wl_JkOACB--pbtT2K9myF4amkScFCow`S׉	 7cassandra://1i2Zn-CDPHrxFHbs5_pmCcnX59VWS9gSHXB3F97_QmM'c`̵ ׉	 7cassandra://-LCj7gNdHG65TCfmMTZwplfxNaxLUB3bXbyZbXT-rXo S͠dr+`,׉EWINTER 2023
Republiekdag viering 2023
Álet Erasmus
Die klok het reeds vroeg die oggend gebeier om die dag in ons geskiedenis aan te kondig!
Ds. Attie Bezuidenhout het die verrigting geopen met die voorlees van Ps. 78:1-7.
Vers 3,4: “Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg
vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die Here
en sy mag en sy wonder wat Hy gedoen het.”
Vers 7: “… en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar
Sy gebooie kan bewaar,”
“ONS IS NOG HIER! Ons ideaal is nog nie dood nie… danksy die Here wat ons dra!.”
Lou Erasmus (seremoniemeester).
Die lied van jong Suid-Afrika en Afrikaner landgenote is uit volle bors saam gesing waarna
Andries Breytenbach (voorsitter van die Kleinfontein Kultuurkomitee) sy boodskap
oorgedra het. Hy het die vraag gevra: “Waarom herdenk ons die Republiek wording van
31 Mei 1961?”
8
׉	 7cassandra://vZyiuYjBu22v73_IV6svxo6eC3hu4H0gMjvInohBiGU#g`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
Ons herdenk die gebeurtenis wat ‘n mylpaal was in ons geskiedenis sodat ons dit steeds
kan oordra aan ons nageslag.
Dr. HF Verwoerd het tydens ‘n byeenkoms in Meyerton in 1960 gesê:” 'n Volksideaal
gaan nooit verby nie.”
‘n Kort filmvertoning het gevolg oor die inhuldiging van CR Swart as president.
Die verrigtinge is op gebruiklike wyse afgesluit met die sing van die vierde vers van Die
Stem.
Om af te sluit het die teenwoordiges saam gekuier oor ‘n koppie sop, broodjies en ander
verversings.
9
׉	 7cassandra://1i2Zn-CDPHrxFHbs5_pmCcnX59VWS9gSHXB3F97_QmM'c`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://CipepZzaTFIRclh4qtlwR6dvAR4spC95lsMNe99XSIg `׉	 7cassandra://OP_4f1RFprRtwgsatsv44ZPImiQtEky3MA4ssvWgQREk`S׉	 7cassandra://6hIOvXb1-dbEJA9hGM6aA36aRzesbEOC_-vGED5wO78#`̵ ׉	 7cassandra://HxAFGPpnODuQwuJIz76j4Ltf3MsmydRq_qsP3wclaV8 54͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://uaLVNxG5A7rnXXpU5LNjC9cHh5AtE3RwuyNAi11UMf4 q`׉	 7cassandra://QYsu1AVpxM0QXA4sBOYN6hDgbt9aaBNY714Lc4_tT70͜r`S׉	 7cassandra://41JfuhoK-gZ-n5GnZVT21rojIfZ1OHUUCW8utUmcTC4*`̵ ׉	 7cassandra://-5LdeZS41O_bYASOlVfZhWe0iUYbrCgysFeqV2zVYxY '͠dr+`,׉EWINTER 2023
10
׉	 7cassandra://6hIOvXb1-dbEJA9hGM6aA36aRzesbEOC_-vGED5wO78#`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
Die Slag van Donkerhoek
Junie 2023
Theo Kruger
is dus nog beskikbaar.
Dieselfde lid, wat 'n goeie nutsman is, het
dit egter goed gedink om hierdie borde te
vervang met 'n produk wat hy self
vervaardig. Die borde word gebou uit 'n
mengsel van teël sement en 'n bindvloeistof
en is ongeveer 25 mm dik. Die
eindresultaat is 'n uitstekende sukses en
die eerste van vyf sulke borde is in plek
sodat besoekers aan die terrein kan
duidelik sien vanwaar lede van die Boere
kommando die Tommies aangeval het.
Bo-op Diamond Hill is daar 'n gedenknaald
opgerig en jaarliks gedurende Junie kom
volksgenote bymekaar om die Slag van
Donkerhoek te herdenk.
Gedurende die tweede Vryheidsoorlog van
1898 tot 1902 het die Slag van Donkerhoek
plaasgevind op Diamond Hill in die
omgewing van vandag se Kleinfontein
kultuurdorp. Dit het oor 'n tydperk van 7 tot
12 Junie 1900 plaas-gevind.
Op verskeie strategiese plekke het lede
van die Boere kommando agter klipskanse
die Tommies (Engelse soldate) op hulle
herrie gegee. Die Tommies was 'n oormag,
maar die Boerekommando het hulself goed
laat geld en 'n groot hoeveelheid Engelse
soldate het gesneuwel.
'n Aantal jare gelede is daar borde opgerig
te Kleinfontein waar hierdie strategiese
klipskanse was, maar dié het verweer oor
die jare en die bewoording kan vandag nie
meer gelees word nie. 'n Lid van die
Calvinistiese Alliansie (C.A.) wat ook lid is
van die plaaslike kultuurkomitee het egter,
toe die borde nog duidelik leesbaar was,
foto's van die borde geneem en die inligting
Skoonmaak rondom die gedenknaald
A.g.v. omstandighede buite ons beheer
was dit vanjaar nie moontlik om ‘n
byeenkoms te laat realiseer nie. Lede van
die C.A. het egter Saterdagmiddag, 10
Junie met 'n kort tyd tot hulle beskikking die
terrein rondom die gedenknaald gaan
skoonmaak. Die gedenknaald self is gewas
en sien beter daar uit. Die beplanning is
egter in plek om aanstaande jaar die
gebeure weer op gepaste wyse te herdenk.
11
׉	 7cassandra://41JfuhoK-gZ-n5GnZVT21rojIfZ1OHUUCW8utUmcTC4*`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://dHWCw2Lv2GNI335I719EY1tIHE0BcjLVSDSST4tPF8s `׉	 7cassandra://6dEHeVntRw16T-8hH5N_ILBGIvbAEGuGgZJJ-UwOgQEu6`S׉	 7cassandra://rDqobjIIiSqOYE-E2T_Xf4lytZfOUM6XYlSv7UKzvuA#p`̵ ׉	 7cassandra://ryJuhbi3-GrR_ucSh5nWHholFxDRBFq1RS4pdbnlaeE C|͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://4cfPj-ryh97CT3veyuQ5EGmXwrIisFrwPpuxmJYsEKo `׉	 7cassandra://vd7vxlLEyQSnj4lxdanWSbwchKy7CmmT3LQ_wfIeK60z`S׉	 7cassandra://aoleWmXMoJHAXjC1SDnm-KDrnJoXiGbUB69bflyt67g-}`̵ ׉	 7cassandra://ArDDXVB9BNO9n-n0xlwszt_LSC1Wom-j2tONCI7vw2U ,͠dr+`,׉EAWINTER 2023
Uit Álet se Kleinfontein
Kombuis
Álet Erasmus
Winter en warm sjokolade drankie is
sinoniem met wintertyd. Deesdae kyk ons
ook na goedkoper maniere om lekkernye
mee te maak. Die volgende bêre-mengsel,
meng maklik en dit bevat bekende
bestanddele.
Al probleem is... dit is só lekker dat die
mengsel ook nie vir te lank gebêre word
nie!
Bêre-mengsel vir warm
sjokolade
Bestanddele:
500 ml volroom melkpoeier
(ek het afgeroomde “skimmed” melkpoeier
gebruik)
200 ml versiersuiker
125 ml Cremora of verromer
90 ml kakaopoeier
20 ml fyn koffiepoeier
2,5 ml sout
Metode:
1. Sif bestanddele twee keer saam
sodat dit goed gemeng is.
2. Bêre in ‘n houer wat goed seël.
** Die hoeveelheid maak ‘n groot Consols
glasbottel amper driekwart vol!
3. Skep 4 opgehoopte teelepels in ‘n
beker, vul driekwart met kookwater
terwyl jy met teelepel roer en vul die
beker met warm melk op.
4. Vir ‘n mooi voorkoms, kan die melk
eers tot skuim geklits word.
5. Indien jy ‘n soettand het, kan ‘n
teelepel bruinsuiker bygevoeg word.
Geniet die warm-soet
heerlikheid!
sjokolade
12
׉	 7cassandra://rDqobjIIiSqOYE-E2T_Xf4lytZfOUM6XYlSv7UKzvuA#p`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
13
׉	 7cassandra://aoleWmXMoJHAXjC1SDnm-KDrnJoXiGbUB69bflyt67g-}`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://HWDyRoOKWM4NUtXsnhl4r85VyWoW7SWsvqr2TZ9SFNA wb`׉	 7cassandra://AdypHH1mWXQBiYTKUV0Gju2gGqP436ORs7K6LQQTyWćJ`S׉	 7cassandra://Rtcsyd56lGehVnvfMtWA9RtPln23Wu85tTdL5zdJXdo%y`̵ ׉	 7cassandra://-63WxNmqTfYVxchh3Jdlr73-Z9F8O4RSS0AAcgW6Dgk ci͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://DIr4oSGrTrmpjihEL-36JAvywTg4r8x7iQ07OaZjsMk h`׉	 7cassandra://OhHxaqJHqIXs9K9K-N1jVcn6Xt7TXLYKwvLKfMrrj_o͐`S׉	 7cassandra://5ZCIth8qOl4vHupfnrg9eOU0yseT9NTIflL-zUUNYdw*`̵ ׉	 7cassandra://vZKHfACtQcgm9r03PiyjY2OiOnjFS1nXq0ocaafyDu4 ͠dr+`,נdr+`, Ё9ׁH *https://www.africansnakebiteinstitute.com/ׁׁЈ׉EWINTER 2023
Diertjies in en om die huis
Skerpioene
Johan Conradie
Daar is rofweg 150 verskillende spesies
van skerpioene in Suid Afrika (en nuwe
spesies word nog steeds gevind en
beskryf). Om ‘n skerpioen spesie te
identifiseer is dus nie ‘n maklike taak nie.
Alle skerpioene is giftig, maar die steek van
verskeie spesies is slegs matig giftig en nie
van mediese belang nie. Dit kan steeds
pynlik wees vir ‘n paar ure maar is nie
noodwendig lewensgevaarlik nie.
Daar is verskeie ou en foutiewe stories oor
skerpioene en hul identifisering. Een so
storie is bv. dat swart skerpioene baie
gevaarlik is. Daar is geen algemene reël
wat bepaal hoe gevaarlik ‘n skerpioen is
gebaseer op kleur alleen nie. Uiters giftige
skerpioene kom in ‘n verskeidenheid van
kleure wat wissel tussen swart, bruin, geel,
liggeel, oranje asook ‘n mengsel van
hierdie kleure.
‘n Ander storie sê dat die grootte van die
skerpioen ‘n bepalende faktor is en dat
kleiner skerpioene baie meer giftig is as
groter skerpioene. Die grootte van die
skerpioen is egter nie relevant nie.
Die algemene reël wat wel geld as jy ‘n
skerpioen wil klassifiseer as gevaarlik is die
verhouding tussen die dikte van sy stert en
die grootte van sy knypers: die met dik
sterte en klein knypers is uiters giftig terwyl
die met dun sterte en groot knypers baie
minder giftig is.
Bron:
https://www.africansnakebiteinstitute.com/
news/newsletters/dangerous-scorpions-ofsouthern-africa/
14
׉	 7cassandra://Rtcsyd56lGehVnvfMtWA9RtPln23Wu85tTdL5zdJXdo%y`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
Wat gebeur in:
Wag ‘n Bietjie
Annetjie Coetzee
Ons verwelkom in
Wag ‘n Bietjie...
Petro Joubert is nou ook
woonagtig in Wag ‘n Bietjie.
Petro het destyds hier aan Lucia
van der Berg van Radio Pretoria
‘n Emily Hobhouse borsspeld
erfstuk oorhandig
Wag ‘n Bietjie kuier
graag saam
Petro Joubert op haar rooi stoel
Sy kom van Nigel af waar sy
in ‘n ouetehuis gewoon het.
Sy wou egter bietjie meer
ruimte hê en weer alleen in
‘n huis woon.
Petro ken Kleinfontein van
Radio Pretoria se dae af en
besluit dit is waar sy wil bly.
Sy het Pretoria FM geskakel
om Irene se nommer te kry,
om te hoor of hier nie ‘n huis
te huur is nie. Gelukkig was
daar ‘n woonplek beskikbaar,
en sy het saam met
haar seun besluit sy kom bly
hier.
Lucia saam met Francois van
Wyk en Lucia van der Berg in
die ateljee
Die radiostasie lê haar baie
na aan die hart!
Welkom Petro! Ons hoop jy
gaan baie gelukkig wees
hier.
Petro en At Rootman kom
vanaf Secunda waar hulle
vir 22 jaar gebly het. At was
werksaam in die myn en
later vir homself gewerk en
Petro was in die verpleegkunde
vir 45 jaar. Inbrake
het baie erg begin raak en
hulle was bekommerd. Haar
oom Johan Kunneke bly ook
in Kleinfontein en hulle het
baie hier kom kuier en was
15
Wag ‘n bietjie het nou net
voor die koue gekom het ŉ
bring-en-braai gehou waar
daar heerlik gekuier en
gebraai was.
so beïndruk met die stilte
hier. Die twee het begin
praat of hulle nie maar moet
trek nie. Hulle het dadelik
deurgekom, en met Irene
gesels, hulle huis in die
mark gesit en ‘n huis
gekoop waar hulle nou baie
gelukkig en rustig woon.
Welkom julle! Julle is ‘n
aanwins hier in Kleinfontein!
Jacob du Plessis, Johan Jooste
en Koos van Staden besig om
te braai.
׉	 7cassandra://5ZCIth8qOl4vHupfnrg9eOU0yseT9NTIflL-zUUNYdw*`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://sZq-YKSXLj9Dr9SHkH-oZ6PZDLRANL59ct5QeoEk2O4 }`׉	 7cassandra://jZUxJkyLB8GGP_1bXBJbRuo4RrKpRVYEvc-MfRkqjiI͙D`S׉	 7cassandra://xCp0wGVEeQEwQssbM6oMa7tca6y9qONM61XX-cpzrFM*`̵ ׉	 7cassandra://Laury3tRU8qFTDyHzhRjlcoMBJ4sw236Uie4In9Mt0E*͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://TQPAP1sXOCu6CsiT3x2AMkGgGDHk7nNjQ-R1g5SzeHY `׉	 7cassandra://aNJNBSGXxQr04OJ1aB7kytujMvVZZ-nx9-bOfFjU0NA͕`S׉	 7cassandra://nvCUCeSgFimw2-_xyMtjND4mMrRjseG_3wfbpV6OL7s*`̵ ׉	 7cassandra://6IVdmrJkvWuyvQJDsEUfs6jNe2HSP5YxRBq_T27-yVM ͠dr+`,׉EWINTER 2023
Kleinfontein Sorgsentrum
Álet Erasmus
Ons verwelkom Suster Drika Brown!
Haar gunsteling geregte? “Gee my
boerekos, braaivleis en seekos!”
Die lewensles wat sy met ons deel:
“Moenie rebelleer teen die lewenspad wat
God vir jou bepaal het nie. Daar is te veel
dorings as jy wegdwaal. Hou jou oë op
Hom.”
Hoe is die gemeenskap
betrokke by ons eie
Kleinfontein Sorgsentrum?
Vir ‘n hele aantal jare, het gemeentelede uit
die susterskerke op ‘n rotasiebasis,
maandeliks koekies en beskuit geskenk
wat dan gedurende tee tye aan die
inwoners voorgesit is. Kleinfontein het
intussen uitgebrei en by die Gemeenskap
Forum (GF) is die voorstel gemaak om
d.m.v. die wyke, teetyd skenkings te maak
vir die inwoners. Tot tyd en wyl daar ‘n
praktiese reëling getref kan word, is u
welkom om koekies of beskuit te skenk. Dit
word ook aangeteken in die skenkings
register. Elke bydrae word opreg waardeer!
Suster Drika Brown het die grootste deel
van haar skool loopbaan, in Tzaneen
gewoon. Haar Pa het vir Waterwese
gewerk en gevolglik het hulle in ‘n paar
ander plekke ook gewoon.
Sy is gekwalifiseer as ‘n geregistreerde
verpleegkundige en vroedvrou asook ‘n Mgraad
in volwasse onderrig (UNISA).
Sr Drika het vir 17 jaar in Saudi Arabië
gewerk, onder andere in Al Khobar en
Riýadh.
Stokperdjies is genealogiese navorsing
asook lees en musiek.
Boek voorlesing
Mien Bezuidenhout kom lees ook per
geleentheid vir die inwoners voor net so na
teetyd in die middag. Indien jy ‘n stem het
wat goed dra, bied gerus jou diens aan om
‘n kort voorlesing te doen. Mien kan
daarmee behulpsaam wees.
Huisgodsdiens
Daar is ook oor die jare vrywilligers wat net
voor aandete ‘n kort huisgodsdiens vir die
inwoners aanbied. Die aanbieding is nie
meer as 10 minute nie en bestaan uit
voorlees van ‘n paar verse uit die Bybel, ‘n
kort gebed wat die tafelgebed insluit en
daarna ‘n vers of twee wat uit die
Sorgsentrum se sangbundel gesing word.
Die inwoners van die Sorgsentrum
waardeer die uitreik van Kleinfonteiners. Vir
16
׉	 7cassandra://xCp0wGVEeQEwQssbM6oMa7tca6y9qONM61XX-cpzrFM*`̵ dr+`,׉ECWINTER 2023
meer inligting om hier betrokke te raak, kan
u Ds. Attie Bezuidenhout skakel.
Samesang
Per geleentheid, is hier ‘n groep sangers
wat op ‘n Vrydagmiddag hul klawerbord
saambring en dan saam met die inwoners
uit die sangbundel sing.
Stoep kuier en besoeke
Van die Sorgsentrum inwoners, was
voorheen woonagtig in Kleinfontein en
Van alles en nog wat op jou
voorstoep!
Álet Erasmus
Gedurende die inperkingstyd, het ons eie
ondernemings die spreekwoordelike ekstra
myl geloop vir ons as inwoners. Die
Minimark het gesorg dat ons nie eers uit
Kleinfontein te moes ry vir alledaagse
kruideniersware nie. Die hardeware het
kleur in ons tuisbly dae gebring met
saailinge wat op die stoep uitgestal was.
Toe die eerste opheffing van die inperking
bekend gemaak is, is daar ‘n veiling en ‘n
mark gehou wat weer ‘n huppel in ons stap
gebring het.
Vandag is hierdie ondernemings steeds tot
u beskikking, vir die meeste van ons,
sommer binne stapafstand. Jy kan selfs ‘n
uitstappie daarvan maak... iets vir die tafel
by die Minimark, ‘n flits battery, gas en
ander benodigdhede of droë vrugte by die
Kleinfontein Algemene Handelaar en dan
stap jy na die Uit en Tuis Restaurant vir ‘n
koppie koffie/tee, melkskommel of
vrugtesap. Dan kry jy ‘n pizza of ‘n soet
happie en voordat jy weer huiswaarts keer,
kan jy nou ook van Uitkyk Vleismark se
produkte hier koop.
Ons sê dankie!
17
gevolglik kom oud bure en vriende besoek
aflê. Dit word so baie waardeer... daardie
mooi herinneringe wat weer gedeel word.
Oefeninge
Maandagoggende skuins na negeuur,
doen van die inwoners bietjie oefeninge om
die stram gewrigte weer soepel te kry.
Terselfdertyd word daar tussendeur gelag
en staaltjies gedeel... en asemhalings
oefeninge gedoen!
Kleinfontein Minimark
Kleinfontein Algemene Handelaar
Uit en Tuis Restaurant (met speelplek vir die
kinders.
׉	 7cassandra://nvCUCeSgFimw2-_xyMtjND4mMrRjseG_3wfbpV6OL7s*`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://f57y_JoAoRXg7qXTttoFxLt54APeOWXVr3EkOfdrjoo `׉	 7cassandra://c5Q52rsDx2oq39hcGF8QWFWwZiECiG4i9oBPf-qJzIErL`S׉	 7cassandra://Isx6pkFgyEYUJemxHXkTlhdi07l1dS00hMP5Ofij6RM$`̵ ׉	 7cassandra://xxKtMakLxBUT-hwvNPlrdHtH6A_SlK-CIzNDgwh7tw4 L(͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://mEgo6eEgV4Gc8_aBlKDg1oalOZjs-y1v-W59Onq8zfs w`׉	 7cassandra://Q5UdHbo5QKCtiUg8Et9PRfHAjLeKWybaXl2A3aYg8vU{`S׉	 7cassandra://JgVuhOq1f9RxH-PtHNo5ljuwK690KzGbFMkpkOxpjJI(N`̵ ׉	 7cassandra://FVQEU6DhBJdBTzm-jqdvU-VmVjVgoAYvixkZsrCm7t0 zAh͠dr+`,׉EWINTER 2023
Briewe
Datonet is aan te beveel!
Omtrent so twee en 'n half jaar gelede het
ons 'n Wi-Fi pakket gekry van Datonet (Pty)
Ltd. Hulle het in die 'Kleinfonteiner'
geadverteer en dit is waar ons hulle
nommer gekry het.
Ek wil hulle regtig aanbeveel – Tobie
Erasmus of Daniël Goosen is altyd baie
behulpsaam. Wanneer my rekenaar of wi-fi
'n probleem het, bel ek hulle en hulle
sorteer die probleem uit.
Dankie ook aan julle [die Kleinfonteiner
nuusblad]! So het ons hulle kontak nommer
gekry.
Groete
Yvonne Easton
18
׉	 7cassandra://Isx6pkFgyEYUJemxHXkTlhdi07l1dS00hMP5Ofij6RM$`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
19
׉	 7cassandra://JgVuhOq1f9RxH-PtHNo5ljuwK690KzGbFMkpkOxpjJI(N`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://9axhbyCVbOtnW5fiqm74D7xg4zJ_dZQE2i6rhE0IgoQ E`׉	 7cassandra://41yUy1UMKeJNL04HdRMhBpUGAODJ9N_cA1jcqQpdGwoU`S׉	 7cassandra://ZqL-agxtpKsUAp__T73lI5MOqQiOc0dh1vixGq5MnQ8O`̵ ׉	 7cassandra://hr7uDP_pa5c7elKAjFLKOHljxWJgufPwo6Bk6AoHUZs H͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://EbfzKvtnc3jSjjMdXWHcrXuOBFL-Ic4oYwoOZEYhmgI ` ׉	 7cassandra://S0FNDIIhEuDEa5fg1Y17esIcKKmNq7E3TInuH0oLROÀM` S׉	 7cassandra://p-zTK0yLO8kiEmCNThOZj_wbXIm9Isu1lwC2aKBWl74"`̵ ׉	 7cassandra://H2IxjB4Tey57aqLld2btAYn1SJLIYjdFsfQ1K4VDjNk͟͠dr+`,׉EWINTER 2023
20
׉	 7cassandra://ZqL-agxtpKsUAp__T73lI5MOqQiOc0dh1vixGq5MnQ8O`̵ dr+`,׉E,WINTER 2023
Reënval-verslag
Marius Bosch
JAAR
2011
2
3
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
2023
184 29
90
78
95
31
51
105 25
150 34
96
Jan. Feb. Mar. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des.
1
4
117 66
70
50
141 276 10
89
58
142 18
130 112 15
93
196 163 22
181 73
175 91
127 199 76
95
262 20
249 50
82
55
5
0
100 0
96
6
8
0
28 0
0
0
2
0
70 20
107 29 0
24 0
0
4
117 145 0
32
8
138
20
1
182 24 12
42
7
0
0
0
0
6
4
0
0
0
0
0
0
8
22
0
4
2
0
2
0
0
0
0
0
0
9
2
10
11
114 76
12
192 810
118 138 112 208 867
11
1
78
2
16
20
2
0
14
0
146 128 156 748
65
16
139 256 987
87
94
80
86
558
100 293 107 942
59
80
20
58
88
33
115 663
110 808
187 375 1051
197 58
849
213 286 963
204 118 975
439
Die dik lyn op die onderstaande grafiek verteenwoordig reënval van 2023 tot op hede.
Vorige jare se reënval syfers is in die agtergrond met verskillende soorte stippellyne.
Reenval syfers - Kleinfontein, ZA
100
150
200
250
300
350
400
50
0
0
1
2
3
4
5
6
7
Maande
8
9
10
11
12
13
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
2023
TOTAAL
21
Reenval (mm)
׉	 7cassandra://p-zTK0yLO8kiEmCNThOZj_wbXIm9Isu1lwC2aKBWl74"`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://-Ptr5-ktjytaRttBoASWmUlrM-M0eST_fQvl-8RSUSo |`׉	 7cassandra://GTd1mgx83vBX9M3748253lCDymBL2v33I5eQGWmW0qM͍k`S׉	 7cassandra://gql7FNUcInvFm512n3IzAo6o3MDvt2ec7g2b6VwEvCs)`̵ ׉	 7cassandra://5CrmGwtnaaJd7duXSbBrgBSAke_-Zx-rWsdikn8I2CM $Y͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://gtjMSElfRKSRX1szHRK5NJAZo9wSiG-PkPPXaqbQ5-o t`׉	 7cassandra://sntAPW7qpBoKGfiPWKVB7nRtbrNnrt7M5ueK_adx8WQj`S׉	 7cassandra://MsgrtdZqBvPaM245eBTssHVpUb8Tejiu1g-ig1KFHm4"`̵ ׉	 7cassandra://rLpdN26WGO3HDlJv0xluGmauKG7rqey9kqTNkIbqTBo /`͠dr+`,׉EWINTER 2023
Leserskring
Elisabeth Malan
Maartmaand ontmoet ons
Elsa Joubert soos Lynette
Brummer haar leer ken uit
haar boek Spertyd.
Ons leer van Elsa Joubert
se ervaring in die oudword
proses na haar opname in
‘n aftree-oord. Ons beleef
met deernis
haar
belewenis van die
verandering en haar
herinneringe en ervarings
gedurende die laaste jare
van haar lewe soos slegs
Elsa Joubert dit kan
beskryf.
Einde Februarie het Susan
Knoetze die boek Prediker,
geskryf deur Stephanie
Scott, aan ons bekend
gestel. Uit die Bybelboek
Prediker het die skryfster
die lewenslesse wat
koning Salomo geleer het
uit die waarneming om
hom, gebruik om ons
geestelik te laat groei en
ons toe te rus vir die
uitdagings van die lewe.
April maand is dit Elisabeth
Malan se beurt met “ Om
die Son te aanskou”
geskryf deur Audrey
Blignaut.
Deur die boek te lees stap
jy saam met Audrey
Blignaut die pad wat sy
geloop het na die
motorongeluk waarin sy
beseer en haar man
Andries dood is. Stap vir
22
Leserskring vergader elke
laaste Woensdag van die
maand. Indien u wil
deelneem kan u gerus
skakel met Marié Venter
(0794183342)
stap neem sy die leser op
haar pad en kom sy tot die
gevolgtrekking dat sy nou
weet dat vrees en
verskrikking wat ‘n mens
tot die rand van wanhoop
dryf, al die krag oproep
waaroor jou gees beskik.
Sy weet dat dit sedelike
moed verg om te treur en
kan slegs bid dat die
religieuse moed haar
geskenk word om ook te
juig.
׉	 7cassandra://gql7FNUcInvFm512n3IzAo6o3MDvt2ec7g2b6VwEvCs)`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
23
׉	 7cassandra://MsgrtdZqBvPaM245eBTssHVpUb8Tejiu1g-ig1KFHm4"`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://yeaBahoA8C2zquxKN_QdgyMMSJxxN-Vffs93XywwHXY F`׉	 7cassandra://wQp0bwZEfZ8SIruEYoX02w5cmhI9q3MatUX3vl6VasQ͎t`S׉	 7cassandra://dreRpuojmgrhB15JiuHa2LELJknh5Lt8CKBR-fjKM80)`̵ ׉	 7cassandra://TFxIy4TP3qLm54bSu3N4hl5JiKp8kzeqlxwd9zWGtcI a͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://E16kazRbbPlzh3f4oGyh_y7RtFt-xVNbfqd9j3uEI0E `׉	 7cassandra://6fhu8xuwmEs69-bTacc7eF-NNbQ0xbzkpjrUscO93lcc`S׉	 7cassandra://flQ-uwCv6RiC5hMu244jUo16FJsuehWMdumgxTzjeys"`̵ ׉	 7cassandra://zy4bJnHiIBUYi_N0qM3LWZepRdvLwi_ySn1p_ffm1sg <͠dr+`,ɒנdr+`,́ z́9ׁH  mailto:info@raytonpharmacy.co.zaׁׁЈנdr+`,ˁ z9ׁH #mailto:scripts@raytonpharmacy.co.zaׁׁЈ׉EWINTER 2023
Ter nagedagtenis
Buks Barnard
Barend Hendrik Abraham
(Ben) van den Berg
(22 April 1942 tot
13 Junie 2023)
My hart is seer. My vriend,
Ben van den Berg, het ons
ontval.
Ben was ‘n hoeksteen in die
Vereniging van Oranjewerkers
wat met harde
werk, toewyding, groot
opoffering en nugter verstand
gewerk het om ons
mense te oortuig van die
noodsaaklikheid van selfwerksaamheid
en selfbeskikking.
Hy het vir niks
Die Padstal
Kom kuier by die Padstal se
Plaasmark!
Wanneer? Elke Saterdag BEHALWE DIE
EERSTE Saterdag van die maand. Ons
begin nou in die winter 09:00 die oggend en
dan hou dit aan tot so 14:30.
Waar? Hoewe 23, Pioniersweg, Kleinfontein
gestuit
nie en geen opoffering
was vir hom te veel
nie.
Ben het die geskiedenis van
die Vereniging van Oranjewerkers
opgeteken in ‘n
waardevolle boek: Vryheidstryd
vir die Afrikanervolk.
Hy was ook betrokke op
verskeie terreine in Kleinfontein.
Dit
was ‘n voorreg om Ben
te kon geken het en om hom
my vriend te noem.
Ons innige meegevoel aan
Heleen, kinders en kleinkinders.
na
die wyke uitstuur (daar is ‘n bedrag by
betrokke).
Ons probeer om Kleinfonteiners die
geleentheid te gee om stalletjies te hê by
die mark om sodoende die ekonomie van
Kleinfontein te help groei al is dit ook hoe
klein. Ons het Saterdag (10 Junie) ‘n groot
opkoms gehad met 17 stalletjies en Solar
besighede van Kleinfonteiners wat hul
produkte kom uitstal het.
Frikkie Putter skryf dat hulle geen betaling
vir ‘n stalletjie vra nie, maar van die mense
wat gereeld stalletjies het, gee uit hul eie
R20 om by te dra vir die advertensie wat KA
Ons poog om nou elke maand ‘n tema vir
die markdag te hê en beplan om binnekort
‘n aandmark op ‘n Vrydagaand te hou.
Vir meer inligting, kan u skakel met Frikkie
Putter – 079 867 4940
24
׉	 7cassandra://dreRpuojmgrhB15JiuHa2LELJknh5Lt8CKBR-fjKM80)`̵ dr+`,׉EtWINTER 2023
Raymedsentrum, Treurnichstraat,
Rayton
Tel: 012) 734 4800
Weeksdae:
08:00 – 18:00
Saterdae:
08:00 – 13:00
Sondae en vakansiedae:
10:00 – 12:00
Voorskrifte:
scripts@raytonpharmacy.co.za
Ander:
info@raytonpharmacy.co.za
Oaklaan 112, Cullinan
Tel: (012) 734 0557
Weeksdae:
08:00 – 18:00
Saterdae:
08:00 – 13:00
Sondae en vakansiedae:
10:00 – 12:00
25
׉	 7cassandra://flQ-uwCv6RiC5hMu244jUo16FJsuehWMdumgxTzjeys"`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://1coKTtsTaxK_bVjNCUU4FEOzZIVrm4xZaUKPQ5SEUGk `׉	 7cassandra://UnIMl0G_nr1aaJnl0MDCKzUHeRPDZ_kv1hpvrXZtdto͋U`S׉	 7cassandra://JAauFlYgN2v6UIgFYuglQ7PTVN-icmgnVN6LQSn7aWQ&`̵ ׉	 7cassandra://wTLPZWCXYTNN9fL57PeCzwe-0k_RNSLQwonllD3FVVgͰ:X͠dr+`,ט  {u׉׉	 7cassandra://eFrrC-PY1ege1c-tg2dYPSLRBYzacoj08OGVOI5Guts d`׉	 7cassandra://R26aNZ_7M_qosBzoenh8LdUMwOf_FLch1dQFOy_QsdoJM`S׉	 7cassandra://Y03aUvjtsW0zfC9C5Ku7Snz7Vin7cMz4J_w5sHSmHWM`̵ ׉	 7cassandra://HXmIv0ciHaLbYYEqG5VvdiSDu_CIdDu9lXUz5PypX8E 1'4͠dr+`,׉EWINTER 2023
Voëls in ons tuine (7)
Kuifkop houtkapper
(trachyphonus vaillantii)
Carel Breytenbach
Een van ons mooiste tuin voëls met die wit
gespikkelde swart vlerke, stert en
borslappie. Res van die lyf geel agtergrond
met rooi vlekkies. Op die kop ‘n parmantige
swart kuif wat permanent regop staan. Die
kuifkop is omtrent so groot soos die Tiptol,
maar die lyf vertoon groter weens die kleur
en dat hy sy vere ook uitpof wat hom ‘n
meer aggressiewe voorkoms gee. As dit by
voerplekke kom gee tot die groter bosduiwe
meer spasie vir die klein parmant. En die
Kuifkop is heeltemal bewus van sy status.
Die voëltjie is egter nie ’n ware houtkapper
nie, maar gebruik wel ou houtkapper neste
wat hy soms bietjie groter moet maak om
daarin te kan pas. Ons ware houtkappers
se lyfies is heelwat skraler as die Kuifkop
s’n. Die groter maak, het hom die naam van
houtkapper besorg. Kom voor vanaf Natal
tot Tanzanië, weswaarts tot Angola en
suidelike Zaïre.
Die voëltjie word meestal mis gekyk want
dit skuil gewoonlik in digte bome en groot
struike. Kan nogal redelik mak word in
26
groot tuine en sal jou toelaat om bietjie
nader te kom. Dit verg egter ‘n paar
maande se geduld om sy guns te wen. Die
voëltjie is lief daarvoor om redelik hoog in
’n boom te sit en roep. Die roep is ’n lang
uitgerekte krrrrrrrrrrrr geluid wat soms op
lekker warm dae jou middagslapie moeilik
kan maak. Baie tyd word aan die roep
gespandeer.
Voedsel bestaan uit wurms, kewers,
papies, motte, sprinkane en vrugte.
Sommige gebiede hoofsaaklik termiete.
Broeityd is van Augustus tot Februarie in ou
houtkapper neste of deur ’n gat te maak in
verrottende boomstamme wat nog nie
omgeval het nie. Lê 4 tot 5 wit eiers.
Doen moeite en kyk gerus uit vir hom in die
tuin. Die in my tuin het nogal ’n voorsmaak
vir sagte stywe pap aanbrandsel ontwikkel
en hy laat hom nie deur ander voëls
intimideer as dit vroegoggend pap tyd is
nie.
KUIFKOP HOUTKAPPER (TRACHYPHONUS
VAILLANTII)
׉	 7cassandra://JAauFlYgN2v6UIgFYuglQ7PTVN-icmgnVN6LQSn7aWQ&`̵ dr+`,׉EWINTER 2023
27
׉	 7cassandra://Y03aUvjtsW0zfC9C5Ku7Snz7Vin7cMz4J_w5sHSmHWM`̵ dr+`,dr+`,{בCט   {u׉׉	 7cassandra://bx_pDDAaggIUizgJvVPIVvTRg6lNIV6Cly1tIBNAoH8 /`׉	 7cassandra://k3sbkW0jCGECLF3ilxnqFOCBg-P7inX4IxMjWjPw7J0M`S׉	 7cassandra://zPnhVFC3sq6vDETYOJyK8E3dNWc3HIZlZWwnG-e25d0$`̵ ׉	 7cassandra://0-AFFq0pNPmyvOewNeEqstaA7Eb8XbZZHHqMLsBEz4o LG0͠dr+`,׉EWINTER 2023
28
׉	 7cassandra://zPnhVFC3sq6vDETYOJyK8E3dNWc3HIZlZWwnG-e25d0$`̵ dr+`,׈Edr+`,dr+`,{, 'Nuus vir die Kleinfonteiner Winter 2023d`nR2